Verstrengelde afhanklikheid
Vannag vind ek myself weer in jou arms
Geborge in jou veilige hawe van vrede en rus
Soos dit nog altyd moes wees
Wanneer ek net weereens, nederig besef
Ek is nie altyd sterk en onaantasbaar
Soos die lewe dit wil hê
En het jou altyd nodig
Om my volledig mens te maak
My aan te vul en
Te drink uit jou fontein van liefde
Want soms
Net soms
Moet selfs ook ek erken
Ek het jou baie nodiger
As jy vir my
© F Jansen van Vuuren
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
pragtig geskrywe