Ongesproke Gedagtes
Vandag, toe vra jy my
Wat dink jy as jy so vêr ry?
En die antwoord was maklik
Aan jou (Eintlik altyd aan jou)
Wat moeiliker is
Om te verwoord
Is waaroor ek dink
As ek aan jou dink (Dis hier waar die moeilikheid kom)
Jou glimlag….
Mona Lisa vervaag
By my gedagtes
Aan jou (Sy is eintlik baie ordinêr)
Jou oë
En jou intense kyk
My lam rug
Kan dit nie beskryf nie (Dis baie erger as dit)
Jou menswees
Jou empatie
Soos ek daarvan hou
Die siniese meisie met die sagte hart (Die mure van beskerming)
En dan natuurlik
Daardie ongesproke gedagtes
Wat die Rapport se agterblad
Aan die brand sal laat slaan (Jy is die totale pakket)
Waaraan dink ek as ek so vêr ry?
Maar net aan jou
© F Jansen van Vuuren
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
ek moet sê ek geniet jou werk baie