
Eensaamheid lê verskuil ” Die bosveldhuisie”
Onder ‘n groot ou akkerboom
staan ‘n verlate huisie
klim eensaamheid
teen die houttrappe op
Weemoedige trane van die reӫn
spat teen gekraakte ruite
kruip verlatenheid
onder ‘n gesplinterde houtvloer weg
Hier waai die wind
deur jou oӫ
dans alleenheid
deur vervalle spinnerakwalle
in die stof
Langs die pad tussen die soetdorings
staan die wag-‘n-bietjie-bos
die maan skyn gloeiblou
deur sy blink-groen blare
4 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie FAK projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Mooi prentjie