Pollenys*
Pollenys*
(as dans dan spesery)
Nóg die afgrys nóg die witkalk
kan die huis waar my hart is
in borrie baai, as jy geeldof
en lelie-lewer bang geword het –
jy is pollenys en witdruif
lief en soms tonneveel meer,
plek vir my wese
en die veiligste spanwydte
om die vloerspasie
waar my sool en asem
in die sassafras en hisop
van jou lowergroenheid trap.
Blatjang deur my
met die reuke uit jou spens
waar jou liefde vir my
‘n huis van pollenys geword het.
© Eduard Smith
*(na FAK Sangbundel : Pollenys)
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie FAK projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Wel gedaan