Jongste aktiwiteit:

Ken jy Jouself

Laat hy wat sonder skuld is
Die eerste klippe gooi …..

Kry nuwe betekenis
Wanneer jy verby die selfgeregtigheid staar
In die spieёl
Vergeet van seer en eiewaan en
Ontbloot staan voor jouself
Selfregverdiging sien in jou oё
Maar ook die bitter wete
Dat niemand sonder skuld is

Haat en liefde
Is slegs ‘n penstreep wyd geskei
En tog so nou verwant
Soms net ‘n oogknip vêr
So stapel liefs die klippe
‘n Stille monument
Aan dit wat goed was

En brand ‘n kers
Vir môre

© F Jansen van Vuuren




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed