alledaags
uit my slaapboks met oop oë
sit ek en tuur oor spieëlgladde see
branders het gaan rus vir nou
kleinste sagte klots klanke
verraai veel groter krag
oor my duin se rand
skuif daar een bollerige dier
tuur saam met my met sy dowe oë
oor hierdie seënvolle stil oggend
saam verlustig in oranje son
ver agter my duin ontwaak
naweek verkeer in haastige geur
vrolike kinder stemme weerklink
teen klam wit mure in stege
waar stilte dikwels heers
einde van nog een week
begin van helaas die alledaagse
volgende sewedaagse week
einde van gister se hard
verlustig nou se wees
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.