daar is iets
in sagte lente oggend
vibreer dit van lae tone tot hoog
saggies dring dit my bewuste binne
vermurwe dit my harde realiteit
oor my duin suis dit sag
skaars roer dit die sandkorrels
selfs geluide van die see vervaag
in intense oordragsfomulier
deur stegies van wit huise
draal die klanke soos suidooster
wat ruk en pluk aan wat kan wees
tot hartsnare buig in reaksie
heel my lewe sing ek saam
aan ‘n liefdeslied vol heimee
wat aanpor om in liefde te leef
terwyl geluk in skerwe val
daar is iets in die lug
van hierdie lentedae van nou
vol blom-aromas wat geil versprei
ook oor my verwaaide duin
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.