okei min sin
as soekie-woekie praat
dan brabbel woorde in onsin
as soekie-woekie sing
dan hoor jy net die wysie
alles net in vierslag getooi
geen walse-toonsette meer
as soekie-woekie woorde
na my probeer bring
en sy begin met “baby”
dan sak my soekie-woekie
aandele in my sokkies weg
maak dit sin om meer sin
in sulke sinne te bemin
net iemand met al sy sinne
sal hierdie okei min sin
heimelik kan bemin
© Terlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.