wag
waag die wagwoord
spring die hekkies hoog
gly oor glimmatte van lewe
gruis oor alles wat grof kan wees
sing jou hart uit aan dit wat mooi is
om te sit en bekommer oor komkommer
pampoene en bosvarke in die land
gaan nie die bakkie vol laai nie
ruil self die olie in jou lewe
verstel self die filters
maak jou lewe oop
vir jou Verlosser
elke dag
‘n nuwe
begin
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.