Pa
Pa
Pa, ek wens dat ek hierdie maand
waarin vaderskap gevier word
ook jou lof kan besing
en tot die hemele roep
en vertel dat ek verlang
ek wens ek kon vertel
van hoe leeg my hart voel
en niks ooit weer sin sal maak
want my steunpilaar is weggevat
maar ek kan net dankie sê
vir kos en klere
en dat jou galbitterheid
nie oorerflik was nie
ek het geleer om lief te hê
want die wêreld skuld my niks
en terwyl jy die swarthond gevoed het
en alle gevoel versuip het,
het ek die withond skelpies onderhou
vandag het ek nie berou
want sien; jou hart van klip
het geen mens bereik
al het ‘n kind
na jou uitgereik
en toe jy nie meer met jouself kon leef
het selfdood se stigma aan jou gekleef
maar my wens – nee, eerder my gebed is:-
Heer,verleen aan hom vrede
dit wat hy nie geken het in die lewe
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.