Jongste aktiwiteit:

Klip smelt nie sommer nie

Hoe het jou hart so hard geword –
so ongenaakbaar, so koueklip?
As ek maar kon
sou ek die mure kraak
en sagte sinne deur die barse glip.

En dalk –
as my woorde vir ‘n duisend jaar
deur die kamers van jou hart baljaar
en nooit hul moed verloor nie,
sal klip die stryd gewonne gee;
week word
en tot vlees kan smee.

© Carma Shaw
28 Mei 2018
06:30




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed