Jongste aktiwiteit:

‘n Sagte pienk roos

Jou menswees
is soos die sonsopkoms
met die mooiste kleure
van ligroos, goud en rooi

Sonnig is jou glimlag
jou hande uit suiwer goud gegiet
en in jou hart is ‘n reënboog
vol beloftes vir ‘n nuwe dag

Elke nuwe dag se kleur
elke diamant se flonker
elke roos se geur
elke lag se humor
elke drukkie se liefde,
is ‘n ma se geskenk vir die lewe




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed