Beginpunt-middelpunt my omkeerpunt
Ontmoedig voel jy
wanneer die kruisvuur
hier binne jou seevier
jy protesteer teen die aanslag
wat jou stem kom stil maak het
na soveel jare
en jy sleur en sleep
daagliks saam die wreedheid
slagvaardig wag jy
vir die breekpunt
om jou te vind
die terugflitse
ongenaakbaar
die verlede
kom doen
hom voor
in nou
waar jy aan dit
wat jou gebreek het
nog so lieftalig vashou
jy kwyn weg
jou waardigheid gestroop
en al wat jy in stilte uiter is
“Here-Jesus, ek is stukkend
ek kan nie meer in niks lewe
wees U nou my middelpunt
my beginpunt
my omkeerpunt
ontmoet my asseblief
sodat ek waardig
kan staan en myself
in U my Jesus kan vind.”
© C. Holder 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.