padda-take
elke oggend dink ek aan wat voorlê
alles wat gedoen moet word vandag
gewoonlik is daar onaangename take
dan wals ek so weg van daardie dinge
stel ek uit en stel uit tot ek dit vergeet
so gaan dae verby en die “padda-take”
bly versteek onder my uitstelkombers
tot dit een mooi dag regtig nodig raak
dan moet ek maar die “padda-taak” pak
stoei ek maar daardeur met min genot
en is dankbaar as die afgehandel raak
so sit ek vanmiddag op my duin en dink
as ek nou weer sulke “padda-take” kry
moet ek dit dalk heel eerste afhandel
daarna sal ligter takies mos heerlik gly
toe sak die reën oor my toe en ek lag
lekker druipnat was ek lanklaas gewees
©Teárlach
(From: “Eat that Frog”)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.