Die laaste blaar
Die laaste blaar
Aan die boom eens weelderig met kleur beblaar
hang goud en koper… die laaste blaar
herfs se skatkis deur koue se sekel verniel
ook hierdie blaar sal voor Winter kom kniel
Saggies suis suidewind
beulblaser van Winter se bewind
takkies swaai heen en weer
dan daal die koue skielik neer
Grootoog staar ʼn tortelduif
toe goue blaar die knie buig en totsiens wuif
dan drentel draai dit stil-stil na benede…
maar steeds huil die windjie ontevrede.
© Stephan Uys 2018/05/11
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.