ñ Roos vir haar
‘n Roos vir haar
Sy is iets anders as die res.
Sy weet hoe om my behoorlik te verpes.
Haar hart is van goud gemaak, al weet sy ook hoe om dit van tyd tot tyd vir my toe te maak.
Sou iemand my eenvoudige skrywe ‘n pragvers noem, dink sy dit is die mooiste woorde wat enige hart kan hoor.
Al praat ons ‘n heel ander taal, moet ek soms amper my bene breek met die Engelse taal.
Tog bly sy deel van my lewe se verhaal.
Daarom wens ek ek kon elke dag vir haar ‘n roos pluk uit my eie tuin, spesiaal net vir haar.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.