Jongste aktiwiteit:

Net ñ tikkie tyd

Net ‘n tikkie tyd

Kan my oggend net weer begin met tuisgebakte beskuit en koffie wat op die ou koolstoof staan en trek.

 

Ek onthou die dae toe ek nog Ouma se boontjiebredie kon ruik.

Vandag is ek tevrede met beskuit uit ‘n boks en ‘n vleisie in die pan.

Sou die dag net goed verloop, toe ‘n dagboek nog nie my tyd bepaal het nie.

Waterpomp en kampdraad maak vandag die keuses vir ‘n boer.

Waar is die dae van net ‘n tikkie tyd, om om die tafel te sit vir ‘n groot ontbyt?

Eendag, as die Here so besluit, sal my huisie gevul wees met gesin en tyd.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed