
begrip
om iets groot te verstaan
om daardie iets met jou begrip
om-te-vang, te verwerk en begryp
so moeilik jy dit vind om iets groots
te kan inneem en verstaan
so moeilik is dit om iets
baie klein te verstaan
U grootheid breek alle grense
U grootheid oorspan alle begrippe
U grootheid ontstaan voor die Alpha
U grootheid strek verby die Omega
U bevat alles en almal in U krag
U bepaal elke lewensverloop
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.