ontvange
om elke dag
op sy duin te sit
die wêreld te beskou
denke, gedagtes te vorm
wat sin maak oor alles
kort iets soos ontvange
om reg ingestel te wees
reg te sit om tweegesprek
tussen sy Skepper en homself
te kan voortsit – in gebed en lering
nou ten dele maar die hoop op ten volle
ontvange in gebed, gesprek wagtend
op die selfopenbaring van God
geloof versterking in oorgawe
aan dit wat werklik saakmaak
die volmaakte offer van Christus
vir die redding van diė wat Hom liefhet
wat handel ooreenkomstig Sy kennis
‘n baie groot kopos is dit
maar deur Sy genade
is dit moontlik
© Tearlach.
“Ons kan nie bid sonder dat die Woord verkondig word nie” (“orare nisi praecunte verbo, non possumus”).
“kopos” – taak
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.