Kuns van ‘n danser
dit vat ‘n kunstenaar
om ‘n ware danser te wees
en om te weet hoe om te dans
op die ritme van my gees
waar my hartsmure sy liedjies skryf
en my siel sy musiek speel
raak ek verlore in die misterie
en dans ek vir myself
dans in ‘n kuns
wat vloei uit ‘n sielvolle hart
en in daai oomblik
leef jy
passievol
v o l u i t
©Jessica Venter
06/12/2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2019 projek - Dans asof niemand sien nie