Gedoop in vuur
wanneer boeie met ‘n bewende geskal
onder murmerering van my stem klang
die Rietsee opstandig wal staan
en aalmoese om my val
as drome die pad na my hart verloor
purperwoorde verdor tot swart
en bye nesmaak
in die karkas van my hart
dan sal ek steeds vir jou kaalhand
‘n voetpad deur palmiete stroop
my met die vlamme
van vuur laat doop
© Anzé Bezuidenhout
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
"bye nesmaak in die karkas van my hart" dit gaan so mooi oor die tong en rol terug na binne...