Salomo se slim
Onder hierdie son is daar niks wat jy nie ken.
Beter as beste, niemand kan jou leer.
ń Gesprek begin, jy maak dit klaar met jou eie slim.
Met jou jas vol gate, glo jy vas dis diamante.
Met al jou slim, bly jou beursie steeds vol gate.
Tyd kom en gaan, maar jy bly staan, met jou eie slim.
Die dwaas staan stom, luister na die geraas in jou kop soos n lee blik wat rol.
Eendag sal jy leer, Salomo was ook vol foute.
Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.