Jongste aktiwiteit:

Geduld van skottelgoed

Geduld van skottelgoed

Kombuis silwerskoon, blink soos n goue kroon.

Verlore kakkerlak draai om in sy spoor, niks meer vir sy magie oor.

Vroeg begin die dag, wakker geword met nuwe moed en krag.

Lepel in die laai kom maak sy draai, koppie in die kas, kom staan ook vas.

Voor die haan drie keer kraai, is my wasbak weer gelaai.

Geduldig staan hul wag, ek wil nie meer lag, want die skottelgoed vat al my krag.

Seep spat weer, ek moet die borde keer, want voor ek kyk word hulle meer en meer.

Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed