Gekraakte wêreld
Gekraakte wêreld
Modder skilfers, uitgestrek. Veld waar water eens ’n weg kon baan.
Dorre grond — die wêreld het gekraak.
Onder my skoen gee die aarde mee.
In ons eens goeie planeet, waar jy goed en kwaad kon meet, lê skilfers van ’n wêreld in mense se harte.
Trane het gevloei,seer en vrees het almal eens geboei.
Dag vir dag moet ons iemand groet, vol krake — net soos vandag se gekraakte wêreld.
© Ryno, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.