Al gehoor van Sneeuwitjie
Al gehoor van sneeuwitjie en die sewe dwergies
Simon die kat en die leeu welpies
kinder verhale van eeue af
soms mooi, soms hartseer en soms laf
Van kastele, plate spelers, en boeke geskrywe in ink
al die karakters laat ons harte sommer blink
moenie vergeet van Zet en Zettie
Peter, Klara, die bokke en Heidi
Wat van Sarel seemonster van wielie walie
ja, die een van die aap wat val op sy alie
Pinnochio, Liewe Heksie, en pumpkin patch
die gummy bears en daai eier wat nooit gaan hatch
Al die stories van daardie dae
laat my met baie vrae
maar vir ewig sal ek dankbaar wees
vir al daardie boeke wat ek kon lees
Dankie aan ma en ouma se lees
pappa wat hom so daarin leef
Sy lees was n” totale fees
gelag dat die bedjie so beef.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.