Jongste aktiwiteit:

Waar vrede rus

Waar Vrede rus

 

Lê my sagkuns neer

neffens die ou treinspoor.

Daarlangs het ek my lag

al toeka se tyd verloor.

 

Of tussen haelwit lakens

styf gespan op wasdag –

wat wit wapper vir versoening

waarop ek nou nog wag…

 

Ek jaag die vrede na.

Dit blý kortstondig rus

in die stof van ‘n ou dieseltrekker

wat die barre aarde kus.

 

Vlugtig, split sekonde

probeer ek dit raakvat,

maar dit dartel na benede

en ontwyk weereens my hart.

 

Helaas kyk ek na binne.

Hoe kon ek dit dan mis!

Vrede’s waar my woorde opraak

en Vader álles is.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed