aandrus
as sy son neersyg in pers satyn
die lied van lof en dank verdof
heel note halwes word
sy eens vlugtige voetval sleep
die lig te snerp vir hom skyn
sy eensaamte hom vreet
die volkome note van sy melodie uitdoof
neem hy ‘n binnereis
sy dag se geraas verstil
‘n lugleegte van grys
vind die woekker soekker eindelik rus
in die aandsimfonie se vlinder note
gesus in geheimenis
dansend oor gedane akkoorde
pluk hy ‘n stille rus van weet
(wel)tevrede
wagtend
smagtend
dat die naggordyn sak
©Evanthe 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.