Ma dis Moedersdag
Ma, soveel winters en somers reeds verby –
Vadertyd het reeds sy spore diep getrap
oor jou grafsteen wat yl af ets teen hemelsblou
en die grou graniet wat plek – plek
vaal deurskemer.
Ek wil so graag vir jou skryf ma…
Tog kyk my spieëlbeeld leeg terug
en ontredder my muse wat ek reeds
so lank al soek en roep,
woorde fladderend soos ‘n mot –
verblind deur lig maar eintlik
verdoemend sy laaste lot…
Ma, dis moedersdag…
Ek probeer om jou skoene
vol te staan – om ma en ouma
te wees, wil jou trots maak…
al antwoord die spieëlbeeld my nie meer
probeer ek nog… jou niks aan raak.
Gee ek my hart ongevraagd –
ek weet jy sou,
tog wou ek jou ken, so graag –
omdat ek glo jou inner ek skuil
diep agter hierdie hart se vlaag.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.