Jongste aktiwiteit:

Liefdes ink verlaas

kon liefde maar soos ink vloei
tussen die blaaie van ‘n liefdes bundel
of roesrooi sak saam met son se bloei
teen die einders van elke hart se plunder

kon liefde maar tussen die sterre blom
om elke donker nag se dag te sien
sonder om te skuil tussen skadu’s wat stom
sing van vergete gisters wat soos slawe dien

kon liefde maar soos ‘n kers in die binnekamer brand
en sy hitte die winter ys teen die ruite smelt
om sagkens te troetel… om lewe se aanrand
te verdoesel voor lewe ons vir liefde vergeld

waarom word liefde op die altaar geplaas…
en ek, ek sal my versoenings offer bring verlaas




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed