Jongste aktiwiteit:

Lewe se verraad

met my vervloë vergete son geboorte
het jy reeds jou rug op my gedraai
en met jou Judas liefde my ontblote
siel met magiese donker lig verraai

jy’t my nuut gevonde liefde verafsku versmaai
en ek wou net ‘n enkele druppel nektar drink,
die sagte aanraking koester voor die haan kraai
en verlore raak wanneer Liefde sy doepa skink

nou
b
r
o
k
k
e
l my versplinterde huil
en loer my son geboorte deur al die skerwes
van leë beloftes wat onder ‘n maatemmer skuil

waarom spikkel liefde in die skeure van lig
as S k o p p e n s b o e r sy hand in wig?




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed