Tuis in die bos
Tuis in die bos
Deur: Ryno du Plessis
Hier in my wêreld klim ons berge. Drink koffie op die stoep, praat oor goed wat saak maak.
Noem ’n ding op sy naam, vir groot en klein om te verstaan.
Natuur ken ons hart; hier werk ons hard.
Plant en ploeg, verdien ons brood met sweet en swoeg.
Anderkant daai berg klim die mens op hoë woorde.
Voel vreeslik sterk, ’n mond vol rommel, gegorrel, wat net ’n handjievol verstaan en waardeer.
Koffiewinkels vervang hul stoep. Aansien is belangrik vir dié wat niks kan sien.
Dit is iemand anders se wêreld; dit is waar hul in vrede bly.
Hier agter die berg, hier in die bos — dit noem ek huis, want hier is almal tuis.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.