Blouberstrand – ’n Akrostigon
Blouberstrand – ’n Akrostigon
‘
By die baai lê lig in skakerings van spookasempienk,
Langs die strand loop ek kaalvoet in die sand.
Op Blouberg se strand haal my siel weer asem,
Uit die wydte van die see kom daar beloftes na my toe.
Branders rol in met skuimende wit maanhare in die wind.
Elke briesie streel my met soutsoene van die see,
Reuk van die oseaan voer my terug na my kinderjarevakansies.
Grysblou rus die reuse berg oorkant die baai soos ’n baken.
Seevoëls krys skril bo die skuimende branders,
Terwyl die wind se woeste hand sout oor my lippe vee.
Rus kom sit onverwags hier langs my in die sand,
Al wat swaar was, waai stadig uit my binneste weg.
Na elke besoek weet my hart presies waarheen hy draai,
Daarom hoor my hart Bloubergstrand altyd weer roep.
.
©MarleneErasmus
27/03/2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.