Mabalêl se parallel
jou tese en anitese
sorg steeds vir baie vrese
hul dialektiese prosesse
sukkel steeds om
by sintese
te kom
al is
daar kleure
van reënboë wyd
verspreid oor berg en vlak
bly die jong meisie broos
waar sy die waterkruik
onskuldig dra
en Lalele
haar
verslind
en in waterhel
wegvoer
Mabalêl, jou susters
stap steeds daar
ewewydig
met jou
baan
hul
einde
steeds in sig
van parallelle
waterhel
© Tearlach.
(Met apologie aan: Eugene N. Marais.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.