Trek Skoene
Trek Skoene
Deur: Ryno du Plessis
Veters vas, reg vir nog ’n pas.
Klim ek die bult uit wat die lewe oor my pad smyt.
Sole al moeg geloop, geplak met net nog ’n bietjie hoop.
Uitgepak, reggemaak— hier kan my siel eers kamp.
Net sodra die rus sou kom, is dit weer tyd vir hakke klap.
Vir die laaste keer pak ek nou my sak, stap die laaste pad.
Wanneer ek naby daardie groot berg kom, hang ek eers my trekskoene op aan die naaste stomp.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.