
indrukke
–
die see roer onrustig
na weke se geskommel
in die koue fronte se sterk wind
oral op die strand lê tekens
van weefsel en skulpe
los geskeur van hul
tuiste onder die
branders
–
my siel draal onrustig
na jare se hartseer oor geweld
wat lewens verwoes in die barbaarse
wat oral bo die sensasie-weerstand
kop uitsteek en selfs slakke pas
van die verdraaide media
nie meer kan verberg
of toesmeer nie
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.