Jongste aktiwiteit:

Tant Lensie met haar blou vensters

Tant Lensie met haar Blou Vensters

Daar op die kaai, naby die ligtoring, staan haar huisie van plank steeds vandag.

Dubbeldeure onder en bo was ‘n moet vir die kort stukkie mens.

Uit die Kaap het sy gekom, kleurling, om presies te wees.

Haar lag soos branders wat breek. Haar stem soos wind wat waai.

Al was die S-klank vir haar ‘n groot tamaai.

“Haai, hoei! Die snoek is vars! Gaan sê jou ma! Uncle Kallie gaan eers weer môre nuwes haal.

Kom vat gou vir jou ‘n gemmerkoekie.

Da gat djy, gat eet dit om die hoekie. Die skollies gat jou rop!”

Deur haar blou vensters het sy ‘n lewe bedryf.

Langs haar altyd ‘n blikkie snuif.

Sou sy die dag dorp toe gaan, is dit die kere wat sy die krullers uit haar hare haal.

Al het haar lewe bestaan uit snoek en sout gooi, was ou Tant Lensie ook maar sout van die aarde.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed