ñ Duitse hart
‘n Duitse hart
‘n Nasie
op hul eie,
meestal trots
en sterk,
veral ook
op hul taal.
Bak en brou
doen hulle goed.
Met gerookte vleis
is die manne
tuis.
Hulle sê ‘n ding
op sy naam.
Vir die pad
vorentoe
is hulle
nie skaam nie.
Sou jy hulle nie verstaan nie, mag jy dink dit is net
hul wêreld wat bestaan.
Omgee vir hul naaste lê diep.
Soos die boertjie
sou sê:
die Duitsers
staan saam
soos stywe pap.
Sou jy eers
daardie kliphart
verstaan,
besef jy
dit is al die tyd
‘n myn
van liefde
en omgee.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.