Werk Aansoek
stof lê dik oor
my vaal werkplek
die skuif van materiaal
net ń herhalende dans
op die kopseer ritme
van ou musiek
in derde cv* se skryf
ontvou oustof as lekker ruik poeier
logistiek is nou die ritme
ń noodsaaklike dans
op die hartklop
van ń mars
uit vroeë epos bars
ń vars dansmaat
dié nuwe stoftrap dansbaan
ruik na goeie grond na reën
die oes van die seisoen?,
stofdans op ou musiek
*CV afk. Ook (weinig gebruiklik) cur.vit. (Latyn) curriculum vitae; stuk met besonderhede oor iemand se loopbaan, kwalifikasies, prestasies, ens.
Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.