Daisies spesiaal vir jou
Daisies, spesiaal vir jou
Elke liewe dag is jy saam met my.
Deel in my lig en donker.
Jou lippe bly gesnoer as dit kom by dinge van die hart.
Saam bou ons ‘n lewe, dag vir dag.
Sonder om te kla of te haat, is jy daar.
Vir jou sou ek blomme koop tot daar geen geld in die wêreld oor is nie.
Sonneblomme, jou gunsteling, elke dag.
Tog is jy tevrede met ‘n veld vol daisies, en waardeer die groot in elke klein…
Ek wonder, my liewe gewete, sou ek die dag tot sterwe kom, sal ek dalk dan jou gesig kon sien?
Tot die dag wat ek en jy saam vaarwel sê, hoop ek die sonneblom groei hierdie jaar net so mooi.soos die daisies.elke jaar.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.