Jongste aktiwiteit:

ver, maar naby (goud)

ver, maar naby

liefde oor afstand laat ons toe
om mekaar sag aan te raak;
byna soos twee verafgeleë sterre
wat dieselfde donker ligter maak

so het ek jou al duidelik gesien
sonder dat jy voor my staan
in die laaste lig oor berge,
of in ’n volmaan wat ondergaan

ek herken jou soms in die wind,
in stof wat oor ’n grondpad trek,
en in die vrede voor sononder
as skaduwees al hoe langer rek

ek het Saint-Exupéry eers verstaan
toe kilometers tussen ons kom lê
want al kan ek jou nie vashou nie
is dit steeds maklik om jou lief te hê

apart, maar ook saam
sal ons in een rigting gaan

© Hester Steenkamp, 2026

*Antoine de Saint-Exupéry: “Liefde is nie om na mekaar
te staar nie, maar om saam na dieselfde horison te kyk.”




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed