Jongste aktiwiteit:

Volg my voetspore seun

Kan jy dít met oortuiging sê
ja jý! wat het jý in sy lewe belê
trap jy spore in skadu’s
wat jou seun wil lees
boodskap jou spore Sy gees

tyd-spoor jy die morele-sand
van die lewe jou gegewe
sal hy die skadu’s van jou spore volg
buig of bewe
of
laat jou spore almal tandekners
lê die tydskadu’s van spore
in sy geheue vars

tyd-skadu’s het van jou spore geplooi
deur die jare aangewas
lê nou diep in die lewens-as
getuig jou spore van moraliteit
of skreeu jou spore van selfverwyt … ?

Heer leer my voete
in die skadu’s van U spore loop
help my die dwaalspore
van die lewe sloop
——-ooo000ooo——-
(© Pieter Mostert)




1 Kommentaar

Lewer Kommentaar

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rikus het n geregistreerde lid geword