troos
troos, trooster, vertroos
.
vroeg oggend se koffie
regte, egte boerekoffie troos
sny die bitter winterkoue in flarde
sterk koffie met ryk melk of room
met teelepel heuning, nie suiker
wat maak die hart sommer
warm met gedagtes
van vrede, vreugde
beter as troos
‘n tros koffiebone
gepluk van arabica
gedroog en gerooster
gemaal en gekook
in regte, egte water
nie smaaklose kraanwater
nie uit-die-bottel-water
regte fontein of rivierwater
met lepel regte-egte-heuning
nie verdunde gegeurde suikersap
nie soetmaakmiddels van gif nie
net regte egte heuningbye heuning
met vars volroom melk of net room
nie boksmelk of bottelroom nie
regte egte beesmelk-room
nie in fyn erdekoppies nie
in regte egte koffiebeker
blikbeker met omkrulrande
beker wat volhand kan warm maak
soveel boeretroos maak boer se hart
sing van vreugde en dankbaarheid
dit troos die siel en versterk
die gees vir die hartseer
van ons tyd
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.