Jongste aktiwiteit:

Konigin Van Die Nag

Koningin Van Die Nag

Van sekelmaan
tot volmaan het
ek geleidelik in volheid
stralend en statig arriveer as
die koningin van die nag—
My glans het die magiese
towerkrag van liefde en
laat dit opbruis en ontvlam
in jong aangetrokke harte—
Ek gooi my strale oor die oseane
en laat swel sy golwe en deinings
vreesaanjaend hoog golf op golf—
Mense raak maansiek glo maangepla
so ‘n bietjie deurmekaar ‘n onglukkige
newe- effek wat ek nie kan verhelp
want my strale is net blote liefde—
By volmaan gly ek vorstelik deur
‘n sterbelaaide naghemel en hul ligte
verdof in my teenwoordigheid uit
respek want ek is die onbetwiste
koningin van die nag—

Janetta – Helena [Babs]©




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed