
Droom-melodie
op die wysie van ‘n nuwe natuur-liriek
speel die wind in mimiek
met die geel-verbleikte
Witstinkhoutblare
op die maat van
onhoorbare musiek
ritsel daar in simfonie
met sonbesie sang
as fragmente van klank
saamsmelt in ‘n streelsag
droom-melodie
© Anzé Bezuidenhout
9 Kommentare
-
neels
Pragtige passende foto by n pragtige werk Anze
-
Arnold
Wanneer 'n mens stilstaan in die natuur dan hoor 'n mens sy fluistering wat die gehoor streel.
-
Kiekies
Satyn-sag pragtig!
-
Janetta-Helena Boonzaaier
Waar is die plek Anze, ek wil onder daardie herfstak 'n kombers gaan oopgooi en net na die mooi natuurklanke wat jy daar beskrywe lê en luister en hoe die herfsblare ritsel!xx
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
So 'n mooie spel met woord en gedagte en allerlieflik aangevul met 'n asemrowende mooi foto. Dit is sulke dinge wat 'sielekos' spel!