Skilder
Skilder
Lets find a beautiful place to get lost – anon
Skilder vir my
jou mooiste huisie
teen sandduin
en brander se woel.
Verf ‘n bankie
reg voor die deur
en voete
wat swaai in die spoel.
Kom sit dan by my
reg langs die hunker
van my lyf…
na jou…
Speel met jou vingers
deur die krul van my haar.
Fluister wanneer jy praat,
vertel my jou geheim,
dat ek kan weet
en myself net daar,
langs jou vergeet
@Anton Kilian
5 Kommentare
-
Koekekranka
'n Innige hartewens wat beantwoording en reaksie waardig is!
-
Kiekies
Heng jy het 'n pragtige prentjie met woorde geskilder wat opwinding in my binneste wek!
-
Janetta-Helena Boonzaaier
Wat 'n pragtige sensitiewe en sagte droomprentjie skilder jy nie ! Kom sit reg langs die hunker van my lyf---najou--Darem so 'n bietjie lyflike nabyheid en aanraking Ek het dit baie geniet Arnold.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sag, mooi en romanties