… waar die storms gaan lê (SILWER)
… waar die storms gaan lê
herinneringe dwaal in vlakgraf-se-seer
want die dood het jou van my weg kom skeur
nou bloei my hart op papier – koud –
soekend na woorde in die stilte van die woud
ek onthou ‘n affodil se geel wat op jou graf pryk
(die granietplate was versier in die ode van tyd)
jy het aan my gesê: soos ‘n Saron roos sal jy weer blom
… en in die die Kaapse fynbos speel die son
in minder geklee as Simson se krag
onthou ek God in Sy blommeprag
my gedagtes lê nou rustig en rym
terwyl God se engel aan my verskyn
die skeidingsmuur het ek verduur
terwyl die wêreld met piering-oog gluur
geen doodloopstraat was te bespeur
die finale bestemming (ontvou) nou in kleur
kom stap die lewe – rustig – met al sy duine –
weemoed is slegs ‘n muur tussen twee tuine¹
© Pierce van Tonder
Voetnota: ¹ direkte vertaling van die aanhaling “Sadness is but a wall between two gardens”,
Gibran, Kahlil. Sand and Foam. Alfred A. Knopf, 1926
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou inskrywing vir die Augustus 2026 – Aanhalingsprojek