Jongste aktiwiteit:

Môre is nie verseker…

Ons sê altyd, môre is nog ‘n dag,
maar wat as môre nooit vir jou kom nie,
wat as môre nie daar vir jou wag,
gister is verby, môre moet nog kom,
geniet vandag, nou op die oomblik is wat saak maak,
want môre sien jy dalk nie weer die son,
alhoewel Hy oor jou waak,
moet Hy jou ook tog eendag kom haal.

Elke minuut wat ons nou as geskenk ontvang,
dit is wat ons ten volle moet gebruik,
elke oomblik is kosbaar, ‘n soentjie op die wang,
gaan uit, beleef die natuur, ruik!
En maak elke kans wat jy kry ‘n goeie herrinering,
dit is nou, wat jy al jou liefde vir jou mede-mens moet bring.

Môre is nie verseker,
glimlag – gebruik die oomblik wat jy nou kry,
carpe diem, vergeet van die seer,
dat elke mooi oomblik in jou hart bly.
Wees dankbaar vir wat jy nou het,
geniet elke minuut saam geliefdes,
want iewers daar buite – daar doer buite
lê daar iemand op koue vloer,
eensaam en alleen, sonder ‘n bed.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed