Jongste aktiwiteit:

Raponsie se prins

Raponsie se prins

 

Hy was maar net ‘n gewone boer.

Op sy lande het hy gewerk

met pik en graaf.

 

Die windpomp het hom voorsien

van water om sy oes te seën.

 

Hoog bo in die skuur

woon ‘n meisie

wie se pa vir die jong kerels gluur.

 

Saans, as die ou boer gaan slaap,

kom kuier die jong kerel

vir sy nooi bo in die skuur.

 

Die storievertellers

het so ‘n bietjie van die pad af gestuur.

 

Die toring was al die tyd

die windpomp,

so hoog soos die skuur.

 

Haar lang vlegsels

was al die tyd

‘n gevlegte lang tou.

 

Sou jy wonder,

het hul wel gaan trou?

 

Hulle woon nou in Bettysbaai

as man en vrou.

 

Die res van die storie

kan net hulle twee onthou.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed