Liefde sal jou vind
Liefde sal jou vind
Al is liefde blind, sal hy jou altyd vind.
Oor berg en dal soek jy oral oor, waar is die plek waar liefde woon?
Jou hart het jy al aan so baie gegee, jy is die een.
Jy verstaan nie, sê jy elke keer, hierdie is die een …
So ver geloop en gehoop om ware liefde langs die pad te vind, tog woon daardie liefde lankal reeds in jou, ongelukkig net vasgebind.
Verliefdheid verdwaal altyd langs die pad, maar ware liefde vat jou hand
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.