Jongste aktiwiteit:

beginsels

my duin is oorspoel van wind en see
oral druis die water in wind-geweld
elke swiepende golf wil daaroor spoel
my voete kan nie vas staan in die sand
die bewegende water neem die sand uit
waarop ek probeer staan en ek gryp wild
elke dag word dit erger en gly ek verder weg
weg van vastigheid en erkende beginsels af
my hart wil begin klop en my asem jaag
hoe ver nog Vader – roep my siel uit
wanneer gaan dit begin en eindig
hoe lank gaan die afbreek neem
waar sal die nuwe werklikheid
in grootheid en glorie
sigbaar raak

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed